Rooibos Redding, bederf vir winter velletjies
Velsorg Bederfwinkel in Hartenbos Seefront
Die winter-maande eis maar sy tol op ons velle, maar gelukkig bied Klein Bederf Hartenbos ‘n uitstekende reeks velsorg bederf produkte wat die winter velletjies in ‘n japtrap sal reg kry. Rooibos Redding is een van Klein se mees gewilde reekse en is beskikbaar in Lyfwas, Lyfroom, Lyfbotter en nou ook Badskuim!
Dit is alombekend dat Rooibos ‘n anti-inflammatoriese en helende effek op ons vel het en dus is hierdie ‘n groot treffer vir die winter-maande sowel as reg deur die jaar om te verseker dat ons vel gesond en bederf voel.
Klein se Rooibos Redding word vervaardig van top-kwaliteit A+ Rooibos en bevat geen skadelike geursels of kleurstowwe nie. Dit is ook geskik vir die hele gesin, van Oupa se skurwe hakke tot Boeta se boudjies!
Besoek Klein Bederf vandag nog vir jou Rooibos Redding produkte, ‘n moet vir enige huis!
The post Rooibos Redding, bederf vir winter velletjies first appeared on Lalakoi Directory.
The post Rooibos Redding, bederf vir winter velletjies first appeared on Lalakoi Publishing Network.
0 Comments