Garden Route News
March 29, 2022

Platinum Wenner van Cleaver-toekenning 2021

Hartenbos Slaghuis Platinum Wenner van Cleaver-toekenning 2021

Hartenbos Slaghuis wen toekenning

Hartenbos Slaghuis is die trotse Platinum Wenner van ‘n Cleaver-toekenning in die kategorie vir slaghuise tot en met 3 betaalpunte in die Wes-Kaap! Op Donderdag 24 Maart 2022 het Tertius en Jennie Spies, die eienaars van Hartenbos Slaghuis, hierdie spog toekenning ontvang tydens ‘n spog geleentheid te Emperors Palace.

Die Cleaver-toekennings word aangebied deur die Suid-Afrikaanse Rooivleisbedryfsforum. Verbruikers stem aanlyn en die beste slaghuis word so aangewys. Hierdie nominasies word getel en finaliste word individueel en anoniem geassesseer teen ‘n kontrolelys van 212 punte.

Volgens Tertius Spies sou dit nie moontlik gewees het om hier spog toekenning te kon wen as dit nie was hul lojale kliënte, hul personeel, verskaffers en almal wat betrokke is by Hartenbos Slaghuis nie. Tertius bedank elkeen wat bydrae tot die sukses van Hartenbos Slaghuis.

Platinum Wenner van Cleaver-toekenning 2021

Visit the Garden Route Business Directory for more information on businesses in the Garden Route and Klein Karoo.

The post Platinum Wenner van Cleaver-toekenning 2021 first appeared on Lalakoi Directory.

The post Platinum Wenner van Cleaver-toekenning 2021 first appeared on Lalakoi Publishing Network.

Visit The Lalakoi Directory

0 Comments