Eerste van agt motors by Garden Route Casino gewen

Wednesday, November 18, 2009
By Denise Lloyd
By Denise Lloyd

Eerste van agt motors gewen by Garden Route Casino Mosselbaai

(van links):  Francois Knoetze (Southern Sea VW), Karen Johnstone (bemarkingsbestuurder van die Casino), Riaan Sprong, Gideon, Keith Hoffeldt (almal van Southern Sea VW) en die danspaar van George, Alister Alexander en Robyn Avontuur

(van links): Francois Knoetze (Southern Sea VW), Karen Johnstone (bemarkingsbestuurder van die Casino), Riaan Sprong, Gideon Knoetze, Keith Hoffeldt (almal van Southern Sea VW) en die danspaar van George, Alister Alexander en Robyn Avontuur

John Jones van Pacaltsdorp het Woensdagaand toe hulle by die Garden Route Casino op Mosselbaai aankom, vir sy vrou Sophia gese dat hy glo sy gaan die aand die eerste VW TenaCiti Golf in die nuwe Summer Citi-promosie wen. Kort daarna het Johan se woorde waar geword en het Sophia die eerste van 8 motors in die nuwe promosie gewen. Sy het behoorlik gebewe toe sy die knop op die rekenaar se sleutelbord druk en ‘n foto van die motor verskyn op die televisieskerm vir almal om te aanskou. “Hierdie motor kom net op die regte tyd. Ek het dit so nodig gehad” het sy aan die Advertiser gese. Sophia en John bedryf saam ‘n bou-onderneming in Pacaltsdorp – “ek kry die werk en hy doen die werk!” het sy skertsend vertel.

Garden Route Casino nuut oorgedoen

Duisende hoopvolle deelnemers het in die nuut oorgedoende nie-rokers gedeelte van die  Garden Route Casino saamgedrom in die hoop dat hulle kaartjie getrek sal word. Altesaam 8 motors word tydens hierdie promosie weggegee:  twee elke maand tot die einde van Februarie 2010. Die goeie nuus is dat die volgende een reeds op 25 November ‘n nuwe eienaar gaan soek.
Besoekers was aangenaam verras met die nuwe ruimer speelarea asook die pragtige mat en stoele wat bydra tot die nuwe gevoel. Die opgradering van die Casino is nou byna voltooi.

Egoli en die Bravo-fees vanaf 18 tot 22 Desember in Mosselbaai

Lesers word daaraan herinner dat Egoli en die Bravo-fees vanjaar vir oulaas op Mosselbaai kom kuier:  vanaf 18 – 22 Desember. Kom kuier saam met jou gunsteling akteurs en kunstenaars. Kaartjies is reeds by Computicket beskikbaar.
Die Casino is gelisensieerd deur die Wes-Kaapse Dobbelraad. Geen persone onder 18 word toegelaat. Wenners weet wanneer om op te hou. Nasionale Verantwoordelike Dobbelprogram 0800 006 008.

Danspaar Alister Alexander en Robyn Avontuur

Die danspaar van George, Alister Alexander en Robyn Avontuur het ‘n puik vertoning gelewer tydens die trekking van die motor. Alister en Robyn het Suid-Afrika verlede Saterdag in Slowenie by die wereldkampioenskappe verteenwoordig het. Hoewel hulle nie as oorwinnaars teruggekeer het nie, is albei dit eens dat die belewenis en ervaring hulle beslis verryk het. “Dit was wonderlik om saam met die wereld se bestes te dans” het Alister aan die Advertiser gese. Agter is Claude Pretorius van George wat as seremoniemeester opgetree het.

More about this topic

Tags: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , ,

Comments are closed.