Stalletjies Oop in Hartenbos

Stalletjies Oop in Hartenbos

Mosselbaai Familie Plaasmark in Hartenbos

Die Mosselbaai Familie Plaasmark net buite Hartenbos bied talle stalletjies elke Sondag van 08h00 tot 14h00. Die mark bied ‘n rustige atmosfeer met iets vir die hele gesin. ‘n Kroeg en talle kosstalletjies om van te kies en keur, Jakkalsvlei wyne, geskenke, plante, houtwerk, opvou tafels, kinderklere, asook ‘n speel area met plaasdiertjies vir kinders en vele meer.

Saterdae is die mark oop van 11h00 tot 16h00 slegs as kuierplek. Die kroeg en stalletjie met worsrolle sal beskikbaar wees.

Kom geniet ‘n ontspanne oggend by die Mosselbaai Familie Plaasmark.

Stalletjies Oop in Hartenbos