Paasnaweek Hartenbos Stalletjies

Paasnaweek Hartenbos Stalletjies

Hartenbos Stalletjies

Paasnaweek in Hartenbos is pure pret en deur die jare het dit ook sinoniem geraak met die talle stalletjies om van te kies-en-keur! Die Hartenbos OEV Stalletjies sal vanaf Vrydag 19 April tot Maandag 22 April 2019 daagliks oop wees vanaf 09h00 tot 17h00. Die stalletjies bied ‘n reuse verskeidenheid met iets vir elkeen.

Hierdie Paasnaweek kan jy uitsien na bekende stalletjies soos Oupie Kedoupie opvoumeubels en blaasbalke, Die Sokkie Tannie met haar reeks kouse, Made with Luv met hul dekor en plante, hondebakke en bykomstighede en vele meer! Die stalletjies sluit hierdie jaar ‘n verskeidenheid heerlike kosstalletjies, lekkernye, stranddrag, kuns, boerseep, Rossi Boots, horlosies en egte pêrels, klere, juwele, handsakke en ander sakke, kampeergoed, messe, houtwerk, serpe, speelgoed, selfoon bykomstighede, neute, roomys, superglue en nog baie ander!